Soorte resepte:

[Resep] Pannekoek

pannekoek

Pannekoek. Foto: Pixabay

Ons laai solank hierdie resep want ons glo dit gaan binnekort landwyd begin reën. Lekker bak!

Maak 20 pannekoeke

Bestanddele:

  • 240 g koekmeelblom (500 ml) (2 k)
  • 10 ml bakpoeier (2 t)
  • 2 ml sout
  • 2 eiers
  • 250 ml melk (1 k)
  • 250 ml water (1 k)
  • 12,5 ml suurlemoensap of asyn (1 e)
  • 25 ml olie (2 e)

Metode:

  1. Sif die droë bestanddele saam in ʼn mengbak
  2. Klits die eiers tot lig en skuimerig en roer die vloeistof en olie in.
  3. Maak ʼn holte in die droë bestanddele, gooi die eier-en-melkmengsel daarin en klits of roer met ʼn houtlepel tot glad.
  4. Verhit ʼn dikboompan met 12,5 ml olie en gooi enige oortollige olie uit.
  5. Laat die pan goed warm word.
  6. Skep net genoeg beslag in om die boom met ʼn dun lagie te bedek en verhit.
  7. Skud die pannekoek los sodra die rand styf en effens droog Iyk.
  8. Draai om met ʼn slaplemmes of eierspaan, of gooi dit om en laat aan die ander kant ligbruin bak.
  9. Laat die pannekoek op ʼn warm bord uitgly, strooi kaneelsuiker oor, stip met botter, indien verkies en rol op. Dien warm op.

Resep deur Joey Pienaar
Dié resep is oorspronklik in Knuppeldik aan koningskos gepubliseer
Uitgewer: Knuppeldik Trust
Om die resepteboek, Knuppeldik aan koningskos, te bestel, kontak Carien Liebenberg by 0833199636

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

SNEL ·

Amen op daai…Ons laai solank die resep want ons glo dit gaan binnekort landwyd begin reën. Ek glo baie bid vir reën en as ons bid moet ons glo. Ek kan egter n wolk soos n man se vuis sien dan spring die meel, eiers en pannekoekpan al op aandag. Niks so lekker soos n heerlike pannekoek met suiker en kaneel nie. Wat is ook nou lekkeder as al die pannekoek flops by n bazaar of sport byeenkoms toegegooi onder kaneel en suiker. Sjoe, hoe water my mond nou.

Tilla ·

dit lyk nie vir my heeltemal reg nie
Bo (2) roer ons die vloeistof in die olie en in (4) gooi ons dit in die pan om te bak
moet (4) nie wees gebruik ekstra olie om te bak of so iets

Irma Nel ·

Ek bak al jare diedelfde formaat bestanddele, is altyd n sukses. Lekker bak!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.