Soorte resepte:

[Resep] Pasta á la lekker

Pasta á la lekker (Foto: Nie vir Ma’s nie, Lapa-uitgewers)

Hierdie resep se naam is nie verniet “Pasta á la lekker” nie! Bederf vanaand jou ma met dié heerlike pasta.

Genoeg vir 6 mense

Bestanddele:

  • 1 pak macaroni (500 g-pak)
  • 1 pak swoerdlose spekvleis (250 g-pak), in stukkies gesny
  • 2 middelslag-uie, gesny
  • 3 knoffelhuisies, gepers
  • 1 groen soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
  • 250 g sampioene, in skyfies gesny
  • 2 blikke tamatie-en-uiesmoor (410 g-blikke)
  • 30 ml tamatiesous
  • 30 ml blatjang
  • 100 g gerasperde Cheddarkaas (250 ml)

Metode:

  1. Stel die oond op 180 ºC en spuit ʼn oondbak liggies met kossproei.
  2. Kook die macaroni en braai intussen die spekvleis in ʼn groot pan.
  3. Braai die uie, knoffel en soetrissie in dieselfde pan. Gooi die sampioene by en braai nog 3 minute. Roer die tamatie-en-uiesmoor, tamatiesous en blatjang by.
  4. Dreineer die pasta en gooi dit terug in die kastrol. Roer die sous by en skep alles in die oondbak. Strooi die kaas oor en bak die pasta tot die kaas gesmelt is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Maria Van Dieweeck ·

Dankie, ek gaan dit sommer vanaand bedien om die wintertjie bietjie hok te slaan.

DH ·

Vervang die spekvleis met Maalvleis, Tuna of selfs Hoender. Net so ‘n treffer!

MG ·

Het dit vanaand gemaak. Voorwaar ‘n treffer en nuwe gunsteling!!

Meraai ·

Hierdie gereg is defnitief nie vir ‘n tamatie liefhebber nie…die gereg is baie suur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.