Soorte resepte:

Resep: Peerkoek

Peerkoek (Foto: Lapa-uitgewers)

Begin dié week met iets nuuts en maak dié lekker koek!

Bestanddele

KOEK

  • 3 ekstragroot eiers
  • 375 ml (1½ k) strooisuiker
  • 250 ml (1 k) olie
  • 60 ml (4 e) melk
  • 5 ml (1 t) vanieljegeursel
  • 410 g (1 blik) pere, gedreineer en fyngekap
  • 100 g (1 pakkie) pekanneute, fyngekap
  • 125 ml (½ k) klapper
  • 500 ml (2 k) koekmeel
  • 7,5 ml (1½ t) bakpoeier
  • 2,5 ml (½ t) koeksoda
  • 5 ml (1 t) fyn kaneel
  • knippie sout

VERSIERSEL

  • 45 ml (3 e) botter
  • 500 ml (2 k) versiersuiker, gesif
  • 30 ml (2 e) laevetroomkaas

Stel oond op 180 °C.

KOEK

  1. Klits eiers en suiker tot liggeel.
  2. Klits olie, melk en vanieljegeursel by.
  3. Meng pere, neute en klapper by eiermengsel.
  4. Sif meel, bakpoeier, koeksoda, kaneel en sout.
  5. Meng meelmengsel by eiermengsel tot beslag vorm.
  6. Skep beslag in gesmeerde tuitvormige koekpan met 24 cm-deursnee.
  7. Bak vir 40 minute of tot toetspen skoon uitkom.
  8. Laat koek effens in koekpan afkoel. Keer op afkoelrakkie uit om heeltemal af te koel.

VERSIERSEL

  1. Verroom botter tot liggeel. Klits versiersuiker bietjies-bietjies by tot mengsel romerig is.
  2. Klits roomkaas by en smeer oor koek.

Bron: Vinnig en Maklik. Resepte uit Vrouekeur 3

Uitgewer: Lapa-uitgewers

Net soos ʼn pannekoek met die beste resep nog steeds kan flop, kan Maroela nie pa (of ma!) staan vir enige van die resepte wat jy self by die huis probeer nie. Elke koppie meel, bakpoeier, melk, eier of enige ander bestanddeel is dus in jou eie hande en Maroela Media kan nie enige verantwoordelikheid aanvaar vir komplimente (of klagtes) oor jou kookvernuf nie. -Red

Deel van: Gebak, Soetgoed

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae