Soorte resepte:

Resep: Piesangmuffins

Piesang muffin (Foto: Lapa-uitgewers)

Heerlike, gesonde muffins vir die naweek!

Lewer 12 muffins

Bestanddele

  • 2 blikkies kekerertjies, gedreineer en afgespoel
  • 6-7 ryp middelslagpiesangs, fyngemaak met ’n vurk
  • 6 e rou heuning
  • 2 t woestyn- of pienk sout
  • 100 g amandelbotter
  • 2 t vanieljegeursel
  • 3 t karamelgeursel
  • 2 t koeksoda
  • 100 g amandelmeel
  • 2 e olyfolie
  • ½ t fyn kaneel
  • 4 groot eiers, geklits

GARNERING

  • amandelvlokkies of -skaafsels
  • fyn kaneel
  • piesangstukkies
  • rou heuning

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Spuit ’n muffinpan met kossproei.
  3. Maak die kekerertjies fyn in ’n voedselverwerker.
  4. Voeg die res van die bestanddele behalwe die eiers by en verwerk tot ’n gladde tekstuur.
  5. Klits die eiers en voeg by die beslag. Klits vir nog 1-2 min teen ’n hoë spoed en skep in muffinpan.
  6. Garneer met amandel, kaneel en piesang en bedruip met heuning.
  7. Bak vir 25-30 min.
  8. Laat afkoel en bêre in ’n lugdigte houer in die yskas.

Wenke:

  1. Laat die piesangstukkies vir garnering weg as jy dit bak vir latere gebruik, want dit sal klam word as dit gebêre word.
  2. Strooi kakao oor die muffins voor dit gebak word om ’n sjokolade-afronding te gee.

Bron: Karlien kan nie kook nie

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.