ʼn Lekker warm en souterige broodjie is darem net ʼn wenner vir ʼn voorgereg!
Bestanddele
Smeermengsel:
- 3 e (45 ml) droë tiemie
- 5 e (75 ml) olyfolie
- 1 e (15 ml) fyngekapte knoffel
Brood:
- 1 kg koekmeel
- 2 x 10 g-pakkies kitsgis
- 2 e (30 ml) suiker
- 1 e (15 ml) sout
- 4 e (60 ml) sonneblomolie
- 2½ k (625 ml) louwarm water
- 2 e (30 ml) fyngerasperde parmesaankaas
Metode
- Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer ʼn
Smeermengsel:
- Meng al die bestanddele goed saam en hou eenkant.
Brood:
- Meng die droë bestanddele saam. Meng die olie en water en roer dit deur die droë bestanddele. Knie die deeg vir ʼn paar minute tot glad en elasties.
- Bedek die bak met kleefplastiek en laat die deeg op ʼn warm plek rys tot dubbel die grootte.
- Vorm suurlemoen-grootte balletjies en rol elk uit tot ± 3 mm dik.
- Bak vir 10 minute aan elke kant tot bruin en smeer die smeermengsel oor.
- Dien dadelik op. Elke gas kan sy eie bolaag pak, bv. roketblare, parmesaanskaafsels, Parma-ham, avokado, geroosterde kersietamaties, swart olywe of ansjovisfilette.
Wenk
Hierdie brood kan ook op ʼn metaalplaat oor die kole gebraai word.
Bron: Koljander, koljander so deur die Bosch
Uitgewers: Lapa
Dit klink net T heerlik gan dit defnitief die naweek maak !!!!
Lyk soos die broodtjies wat hulle by Ocean Basket bedien voor ete.