Hier is nog ʼn heerlike resep om Koffiedag op 29 September te vier. Hierdie resep is so maklik, selfs diegene wat nie kan bak nie, sal soos ʼn meesterbakker lyk. Lani Snyman, uitvoerende beampte verantwoordelik vir kliëntediens by Ciro, het dié resep ontwikkel. Hou Maroela Media dop vir nog unieke koffieresepte.
Bestanddele:
- 2 pakke Bakers Choc-kits – een wit pak en een bruin pak
- 500 ml room
- 4 x 120 ml skote (shots) espresso
Metode:
- Pak die koekies in ʼn oondvaste bak.
- Gooi espresso en room bo-oor die koekies.
- Plaas in oond by 180 °C sonder deksel. Bak vir ongeveer 45 minute (of tot die room-mengsel borrel en koekies bo-op bruin is).
- Haal uit die oond en bedien in pikante porsies met tuisgemaakte vla.