Soorte resepte:

Resep: Poppie se muffins

Bestanddele:

Poppies se muffins. Foto: Tannie Poppie Kook

Poppies se muffins. Foto: Tannie Poppie Kook

• 500 ml koekmeelblom
• 5 ml bakpoeier
• 5 ml koeksoda
• 5 ml sout
• 125 ml suiker
• 4 Weet-Bix-beskuitjies, fyngemaak
• 1 eier, geklits
• 125 ml sonneblomolie
• 250 ml piesangmoes
• 15 ml suurlemoensap

Metode:

1. Voorverhit die oond tot 190°C (375°F ).
2. Sif die koekmeelblom, bakpoeier, koeksoda, Bout en suiker saam.
3. Meng die ontbytgraankrummels in.
4. Maak ‘n holte in die droë bestanddele en voeg die res van die bestanddele.
5. Roer versigtig tot alles goed gemeng is (moenie te veel roer nie).
6. Skep in 2 muffinpanne en bak tot goudbruin.

Bron:

Die resepteboek, Tannie Poppie Kook, word uitgegee deur Human & Rousseau. Besoek die uitgewer se webwerf vir meer inligting oor die boek en skrywer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Rikku ·

Hoekom lyk die Muffins so Groen ? Lyk meer soos Spinasie Muffins.

Pappegaai_Slaai_Daai ·

Dalk het tannie poppie bietjie Pappegaai-Slaai by daai bestandele gevoeg jong… Dit moet dalk “Tannie Poppie se Giggel-Koekies” genoem word

Elfie ·

Pappegaai slaai daai – ek giggel nie net nie ek het sommer uitgebars van die lag vir jou aanmerking! Arme tannie Poppie kry die horries haha!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.