Soorte resepte:

[Resep] Reënboogbrood

brood

Reënboogbrood. Foto: Kook saam Kaaps

Dié lyk soos ‘n heerlike resep!

Bestanddele:

  • 1 Kg klaargemaakte brooddeeg
  • 1 rooi soetrissie, ontpit en in klein blokkies gesny
  • 1 geel soetrissie, ontpit en in klein blokkies gesny
  • 1 groen soetrissie, ontpit en in klein blokkies gesny
  • 1 klein ui, gerasper
  • 300 g oorskietvleis van jou keuse
  • 250 ml gerasperde Cheddarkaas
  • 2 groot knoffelhuisies, fyngekap

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180°C en spuit ʼn bakplaat met kossproei.
  2. Rol die deeg tot 1 cm dik uit op ʼn meelbestrooide oppervlak.
  3. Strooi die soetrissieblokkies en gerasperde ui oor die uitgerolde deeg.
  4. Strooi die oorskietvleis oor die soetrissies en uie, gevolg deur die helfte van die gerasperde kaas.
  5. Strooi die fyngekapte knoffel oor en plaas die reënboogbrood op die voorbereide bakplaat.
  6. Laat die reënboogbrood vir 30 minute rus sodat die deeg kan rys.
  7. Bak vir ongeveer 45 minute tot goudbruin en verwyder uit die oond.
  8. Skakel die oond af.
  9. Strooi die res van die kaas oor die reënboogbrood en plaas dit terug in die oond sodat die kaas kan smelt.

Bron: Kook saam Kaaps
UItgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

lynette ·

Die foto lyk nie of bestanddele net bo op gestrooi is nie. Dit lyk of daar oral in brood daarvan is. Soos ek resep lees, verdtaan ek dat platgerolde deeg oop op bakplaat gebak moet word. Foto wys egter sny brood wat van n normale tipe groot te brood gesny is met Einde boog bo. Help asb. Klink lekker.

Landi Slatter ·

Dagsê Lynette

Dankie vir jou navraag. Die resep is net so in die boek (sien bron onder) gepubliseer. Jy kan egter gerus die vulsel by die deeg in meng en ons ook sommer laat weet hoe dit gesmaak het!

Groetnis
Landi nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.