Soorte resepte:

[Resep] Romerige biltongquiche

Foto: Lekker & Vinnig

Romerige biltongquiche Foto: Lekker & Vinnig

Jy kan ook ’n oondvaste tertbord gebruik as jy nie ’n quichepan het nie. As jy nie van ’n dik kors hou nie, kan die deeg dunner uitgerol word en die oorskietdeeg in ʼn plastieksakkie vir ongeveer drie maande in die vrieskas geberg word.

(Uit: Beste gebak uit Vrouekeur, Marlo Carstens)

Lewer 1 quiche

Bestanddele:

Kors

  • 500 ml koekmeel
  • knippie sout
  • 250 g (½ blok) botter
  • 250 g (1 bakkie) laevetroomkaas

Vulsel

  • bietjie olie
  • 1 ui, gekap
  • 2,5 ml droë pietersielie
  • 250 ml biltongskyfies, fyner gekap
  • 375 ml gerasperde Cheddarkaas
  • 3 ekstragroot eiers
  • 125 ml melk
  • 250 ml dubbeldik room

Metode:

Voorverhit die oond tot 180 ˚c.

Kors

  1. Sif die koekmeel en sout saam.
  2. Vryf die botter by die koekmeel in tot dit soos broodkrummels Iyk.
  3. Roer die roomkaas by en meng tot ’n deeg vorm.
  4. Plaas die deeg in ’n plastieksakkie en verkoel in die yskas vir 30 minute.
  5. Rol die deeg op meelbestrooide werkoppervlak uit.
  6. Voer ’n quichepan met 28 cm-deursnee met deeg uit.
  7. Prik die bodem van die tertkors met ʼn vurk, voer dit met bakpapier en vul dit met droë bone. Bak blind vir 12 minute.
  8. Verwyder die boontjies en bakpapier en bak die tertkors nog 5 minute.
  9. Verwyder uit die oond en hou eenkant.

Vulsel

  1. Verhit die olie en soteer die ui en pietersielie daarin tot die ui sag is. Skep in die tertkors.
  2. Sprinkel die biltong en kaas bo-oor.
  3. Klits die eiers. Voeg die melk en room by en roer weer tot goed gemeng.
  4. Gooi die eiermengsel versigtig in die tertkors en bak vir 35 minute of tot net gestol.

Bron: Lekker en Vinnig – Biltonggeregte
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.