Soorte resepte:

Resep: Rooibos-en muesli-beskuit

Rooibos-en mueslibeskuit (Foto: Lapa-uitgewers)

Rooibostee maak hierdie beskuit ég Suid-Afrikaans!

Lewer ongeveer 56 stukke beskuit

Bestanddele:

  • 2 sakkies rooibostee
  • 750 ml kookwater
  • 400 g margarien of botter
  • 300 g (375 ml) sagte bruinsuiker
  • 2 eiers
  • 175 ml ongegeurde jogurt
  • 1 kg (± 7¼ x 250 ml) bruismeel
  • 560 g (4 x 250 ml) muesli
  • 300 g (500 ml) volkoringmeel
  • 20 ml bakpoeier
  • 2,5 ml sout
  • 150 g (250 ml) sultanas

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer drie broodpanne van 280 x 100 x 70 mm goed,
  2. Week die rooibosteesakkies in die kookwater.
  3. Room die margarien of botter en suiker tot lig. Voeg die eiers en jogurt by en meng.
  4. Voeg die res van die bestanddele om die beurt met die rooibostee by. Meng tot ʼn stewige deeg. Dis nie nodig om al die tee te gebruik nie.
  5. Vorm gholfbalgrootte bolletjies en plaas dit teen mekaar in die gesmeerde panne. Bak dit omtrent 45 minute of tot gaar.
  6. Laat afkoel en breek die bolletjies los van mekaar. Plaas dit effens uitmekaar op ongesmeerde bakplate en droog uit by 100 °C.

Bron: 200 beskuit- en biscotti-resepte
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.