Rooibostee maak hierdie beskuit ég Suid-Afrikaans!
Lewer ongeveer 56 stukke beskuit
Bestanddele:
- 2 sakkies rooibostee
- 750 ml kookwater
- 400 g margarien of botter
- 300 g (375 ml) sagte bruinsuiker
- 2 eiers
- 175 ml ongegeurde jogurt
- 1 kg (± 7¼ x 250 ml) bruismeel
- 560 g (4 x 250 ml) muesli
- 300 g (500 ml) volkoringmeel
- 20 ml bakpoeier
- 2,5 ml sout
- 150 g (250 ml) sultanas
Metode:
- Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer drie broodpanne van 280 x 100 x 70 mm goed,
- Week die rooibosteesakkies in die kookwater.
- Room die margarien of botter en suiker tot lig. Voeg die eiers en jogurt by en meng.
- Voeg die res van die bestanddele om die beurt met die rooibostee by. Meng tot ʼn stewige deeg. Dis nie nodig om al die tee te gebruik nie.
- Vorm gholfbalgrootte bolletjies en plaas dit teen mekaar in die gesmeerde panne. Bak dit omtrent 45 minute of tot gaar.
- Laat afkoel en breek die bolletjies los van mekaar. Plaas dit effens uitmekaar op ongesmeerde bakplate en droog uit by 100 °C.
Bron: 200 beskuit- en biscotti-resepte
Uitgewer: Lapa