Almal hou mos van ʼn romerige skon met aarbeikonfyt.
Lewer 12 skons
Bestanddele
- 500 g (4 k) bruismeel
- 30 ml (2 e) strooisuiker
- knippie sout
- 250 ml (1 k) CLOVER- vars room
- 187 ml (¾ k) Sprite-koeldrank
- ekstra bruismeel vir die werksoppervlak
- bietjie CLOVER-volroommelk vir bo-oor
OPDIENING
- 250 ml (1 k) CLOVER- vars room
- 2,5 ml (½ t) vanieljegeursel
- 15 ml (1 e) versiersuiker
Metode
- Voorverhit die oond tot 200 °C.
- Meng die bruismeel, strooisuiker en sout saam in ʼn groot genoeg mengbak.
- Meng die room en Sprite saam en roer by die meelmengsel. Druk die mengsel met die hande bymekaar, maar moenie knie nie.
- Sprinkel ekstra meel op die werksoppervlak en druk die deeg tot gelyk bo-op. Die deeg moet ongeveer 2 cm hoog wees.
- Druk skons met ronde koekiedrukker uit deeg.
- Plaas die skons op ʼn bakplaat wat met bakpapier gevoer is.
- Verf die bokante van die skons met melk.
- Bak vir 13 minute, of tot goudbruin.
OPDIENING
- Klits die room saam met die vanieljegeursel en versiersuiker tot net styf.
- Sny die skons in die middel deur. Skep room op die skonhelftes.
- Sit voor saam met aarbeikonfyt.
Bron: Onthoukos
Uitgewer: Lapa