Die lewe sou darem wonderlik gewees het as roosterkoek as ʼn groente getel het…
Bestanddele:
- 500 ml lou water (2k)
- 12,5 ml bruinsuiker (1e)
- 5 ml droë suurdeeg (1 t)
- 1 kg volgraan meel (6 k)
- 5 ml sout (1t)
- 12 ½ ml olie (1e)
Metode:
- Meng die lou water, bruinsuiker en droë suurdeeg saam en laat staan vir 10 minute.
- Meng dan al die bestanddele goed saam om ʼn redelike stywe deeg vorm.
- Gooi omtrent 12. 5 ml olie in ʼn plastieksak en versprei die olie.
- Gooi die deeg in die plastieksak en laat staan om tot dubbel volume te rys, vir ongeveer 30 tot 60 minute.
- Druk die deeg versigtig plat tot +- 2, 5 cm op ʼn meelbesprinkelde broodplank. Sny in vierkante.
- Braai op ʼn oliegesmeerde draadrooster oor matige kole tot goed gaar. Draai dikwels om.
- Sit voor met vars plaasbotter en appelkooskonfyt.
Dié resep is oorspronklik in Knuppeldik aan koningskos gepubliseer
Uitgewer: Knuppeldik Trust
Om die resepteboek, Knuppeldik aan koningskos, te bestel, kontak Carien Liebenberg by 0833199636
Ha-ha… lekker sit en lag ek hier op my eie…. ek sou darem self in my noppies wees as roosterkoek as groente kon kwalifiseer! Sjoe… saam met ‘n lekker koppie koffie… koningskos!