Lewer 12 tot 16 snye
Bestanddele:
Kors
- 200 g (1 pak) Romany Creams
- 2,5 ml (½ t) fyn kaneel
- 75 ml (5 e) botter, gesmelt
Vulsel
- 200 g (1 groot plak) donkersjokolade, in blokkies gebreek
- 3 ekstragroot eiers
- 187 ml (¾ k) strooisuiker
- 750 g (3 x 250 g-bakkies) laevetroomkaas
- 250 ml (1 k) suurroom
- 5 ml (1 t) vanieljegeursel
- 45 ml (3 e) kakao, gesif
Afronding
- 30 ml (2 e) kakao
- vars frambose (opsioneel)
Metode:
Stel oond op 160 °C.
Kors
- Kap koekies en kaneel in voedselverwerker fyn.
- Voeg gesmelte botter by en roer tot goed gemeng.
- Druk koekiemengsel op bodem van losboomkoekpan met 24 cm-deursnee vas.
Vulsel
- Smelt sjokolade teen 70%-krag in mikrogolf. Hou eenkant tot effens afgekoel.
- Klits eiers en strooisuiker tot liggeel.
- Klits roomkaas en suurroom by eiermengsel in tot goed gemeng.
- Klits vanieljegeursel by.
- Sif kakao bo-oor roomkaasmengsel en roer tot goed gemeng.
- Voeg ʼn bietjie van die roomkaasmengsel by gesmelte sjokolade en meng goed.
- Roer hierdie mengsel by oorblywende roomkaasmengsel tot goed gemeng.
- Skep vulsel in kors.
- Plaas koekpan op bakplaat sodat dit makliker hanteer en om enige vermorsing maklik op te vang.
- Bak vir 45 minute of tot net gestol. Die middel van die tert sal nog sag wees, maar moenie langer bak nie, anders is kaaskoek droog.
- Sit oond af. Laat oonddeur halfpad oopstaan en laat kaaskoek nog 1 uur in oond om stadig af te koel.
- Haal kaaskoek uit oond om heeltemal af te koel.
Afronding
- Plaas kaaskoek op geskikte opdienbord en sif kakao bo-oor.
- Plaas frambose bo-op indien verkies.
Bron: 50 beste gebak uit Vrouekeur
Uitgewer: Lapa
Kos n fortuin om te maak!
Dit lyk heerlik sal dit defnitief bak al kos dit n fortuin soms moet mens jouself met so iets lekker bederf !!!