Dié resep is een van die gewildste beskuitresepte in die land.
Lewer sowat 54 stukke beskuit
Bestanddele:
- 1,5 kg bruismeel
- 10 ml bakpoeier
- 5 ml sout
- 400 g (500 ml) suiker
- 1 pak (300 g) All Bran-ontbytvlokkies
- 375 g (400 ml) botter of margarien, by kamertemperatuur
- 2 eiers
- 500 ml karringmelk
- 300 ml sonneblomolie
Metode:
- Voorverhit die oond tot 180 °C (350 ̊F). Smeer 3 broodpanne, elk 23 x 13 x 7 cm.
- Sif die bruismeel, bakpoeier en sout saam in ’n groot skottel of bak. Voeg die suiker en All Bran-vlokkies by en meng.
- Sny die botter of margarien in stukkies. Voeg dit by die meelmengsel en vryf met die vingerpunte in tot heeltemal gemeng.
- Klits die eiers en karringmelk saam. Voeg die olie by. Roer hierdie mengsel met ’n houtlepel by die meelmengsel tot goed gemeng.
- Knie dit effens tot ’n deeg. Verdeel die deeg in drie en vorm ’n broodjie van elk. Plaas die broodjies in die panne en druk hulle met ’n spaan plat. Sny elke broodjie met ’n mes in 4 cm-vierkante.
- Bak die beskuit 50-60 minute lank op die middelste oondrak. Bedek dit met nat bruinpapier as die bokors te donker word.
- Keer die beskuit uit die panne en laat effens afkoel op ’n draadrak. Breek die beskuite liggies los en droog in ’n koel oond uit. Bêre die beskuit in ’n lugdigte koekblik of houer.
Bron: Huisgenoot Wenresepte 2
Uitgewer: Human & Rousseau