Soorte resepte:

[Resep] Sjokolade-en-brandewyn-tert

Foto: 50 Beste gebak uit Vrouekeur

Sjokolade-en-brandewyn-tert. Foto: 50 Beste gebak uit Vrouekeur

Hierdie resep klink soos ʼn wenner…

1 groot tert

Bestanddele:

Tert

  • 187 ml (¾ k) kookwater
  • 75 ml (5 e) kakao
  • 4 ekstragroot eiers, geskei
  • 250 ml (1 k) strooisuiker
  • 187 ml (¾ k) olie
  • 60 ml (4 e) melk
  • 5 ml (1 t) vanieljegeursel
  • 500 ml (2 k) koekmeel
  • 15 ml (1 e) bakpoeier
  • 2,5 ml (½ t) kremetart
  • knypie fyn kaneel
  • 1 ml sout
  • 100 g (1 pakkie) pekanneute, gekap

Stroop  

  • 380 g (1 blik) laevet ingedampte melk
  • 250 ml (1 k) sagte bruinsuiker
  • 60 ml (4 e) brandewyn

Bolaag

  • 385 g (1 blik) karamelkondensmelk
  • 100 g (1 plak) donkersjokolade, gesmelt
  • 125 ml (½ k) room
  • Flake-sjokolade (opsioneel)

Metode:

Stel oond op 180 °C

Tert

  1. Meng water en kakao. Hou eenkant.
  2. Klits eiergele en strooisuiker tot liggeel.
  3. Roer olie, melk en vanieljegeursel by eiergeelmengsel.
  4. Sif koekmeel, bakpoeier, kremetart, kaneel en sout.
  5. Meng meelmengsel en kakaomengsel beurtelings by eiermengsel tot gemeng.
  6. Klits eierwitte tot stywepuntstadium en vou in by beslag. Vou pekanneute in.
  7. Skep beslag in groot reghoekige oondbak van 26 cm x 36 cm.
  8. Bak vir 25 tot 30 minute of tot toetspen skoon uitkom.

Stroop

  1. Begin solank met stroop sodra tert in oond gesit word.
  2. Verhit ingedampte melk en bruinsuiker in ʼn kastrol tot kookpunt terwyl af en toe geroer
  3. word.
  4. Draai hitte laer en laat oor matige hitte kook tot suiker opgelos is. Roer af en toe.
  5. Laat sous vir 5 minute oor lae hitte kook. Roer brandewyn by en verwyder van hitte.
  6. Gooi warm stroop bo-oor tert sodra dit uit oond kom.

Bolaag

  1. Roer karamelkondensmelk tot glad.
  2. Voeg sjokolade by en meng goed.
  3. Klits room styf en roer by sjokolademengsel.
  4. Skep versiersel bo-oor tert wanneer dit amper heeltemal afgekoel is.
  5. Sprinkel Flake-sjokolade bo-oor.

Wenk: Hierdie tert smaak net so lekker as ʼn nagereg. Sit dit louwarm voor.

Bron: 50 beste gebak uit Vrouekeur
Uitgewer: Lapa

Net soos ʼn pannekoek met die beste resep nog steeds kan flop, kan Maroela nie pa (of ma!) staan vir enige van die resepte wat jy self by die huis probeer nie. Elke koppie meel, bakpoeier, melk, eier of enige ander bestanddeel is dus in jou eie hande en Maroela Media kan nie enige verantwoordelikheid aanvaar vir komplimente (of klagtes) oor jou kookvernuf nie. -Red

Deel van: Gebak, Soetgoed

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

3 Kommentare

Eileen ·

Lyk heerlik. Wonder nou net hoekom laevet ingedampte melk? (as jy in ag neem al die ander bestanddele bevat suiker en vette).

Mien ·

Klink na sonde! Van my beste staatmaker resepte kom uit Vrouekeur

marie ·

regtig baie lekker,net ‘n bietjie baie soet met al die sukers

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.