Soorte resepte:

Resep: Sjokoladekoffiekoek

Sjokoladekoffiekoek (Foto: Lapa-uitgewers)

Nooi ʼn paar gaste oor en maak dié lekker smelt-in-die-mond koffiekoek!

Lewer 1 ringkoek

Bestanddele

KOEK

  • 125g (¼ blok) sagte botter
  • 187 ml (¾ k) strooisuiker
  • 3 ekstragroot eiers
  • 250 ml (½ k) suurroom
  • 125 ml (1 k) sterk aangemaakte koffie
  • 5 ml (1 t) vanieljegeursel
  • 560 ml (2¼ k) koekmeel
  • 60 ml (4 e) mielieblom
  • 15 ml (1 e) bakpoeier
  • 2,5 ml (½ t) koeksoda
  • knippie sout
  • knippie fyn kaneel
  • 50 g (½ pakkie) pekanneute, grofgekap
  • 60 ml (4 e) sjokoladesplinters (chocolate drops)

VERSIERSEL

  • 100 g (1 pak) donkersjokolade
  • 30 ml (2 e) ongegeurde jogurt, by kamertemperatuur

Metode

  1. Stel oond op 180 °C.

KOEK

  1. Verroom botter en suiker tot liggeel. Klits eiers by.
  2. Meng room, koffie en vanieljegeursel.
  3. Sif meel, mielieblom, bakpoeier, koeksoda, sout en kaneel.
  4. Meng roommengsel en meelmengsel beurtelings by bottermengsel.
  5. Roer neute en sjokoladesplinters by tot goed gemeng.
  6. Skep beslag in diep ringkoekpan met 26 cm-deursnee. Bak vir 30 minute of tot toetspen skoon uitkom.
  7. Laat koek effens in pan afkoel. Keer op afkoelrakkie uit om heeltemal af te koel.

VERSIERSEL

  1. Smelt sjokolade by 70%-krag in mikrogolfoond of in dubbelkoker.
  2. Roer jogurt by sjokolade en skep oor koek.
  3. Rond af soos verkies.

Bron: Vinnig en maklik. Resepte uit Vrouekeur 3

Uitgewer: Lapa-uitgewers

Net soos ʼn pannekoek met die beste resep nog steeds kan flop, kan Maroela nie pa (of ma!) staan vir enige van die resepte wat jy self by die huis probeer nie. Elke koppie meel, bakpoeier, melk, eier of enige ander bestanddeel is dus in jou eie hande en Maroela Media kan nie enige verantwoordelikheid aanvaar vir komplimente (of klagtes) oor jou kookvernuf nie. -Red

Deel van: Gebak, Soetgoed

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

Allan ·

Dankie vir die resepte, dit word baie waardeer. Is daar ‘n manier om dit te print?

Voorheen kon ek dit merk en print in pdf, maar nou kan mense dit nie meer merk nie. Ek het nie tyd om alles neer te skryf nie en die foto kan ook dan nie bygesit word nie.

Kan julle ‘n plan maak, Dankie en groete

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.