Soorte resepte:

[Resep] Sjokoladerolkoek

Sjokoladerolkoek (Foto: Verskaf)

Hierdie resep is definitief een om in jou resepteboek te plak.

Bestanddele

Rolkoek:

  • 187 ml (¾ k) koekmeel
  • 60 ml (4 e) kakao
  • 5 ml (1 t) bakpoeier
  • knippie sout
  • 3 ekstragroot eiers
  • 15 ml (1 e) water
  • 187 ml (¾ k) strooisuiker
  • 125 ml (½ k) strooisuiker (om in te rol)

Vulsel:

  • 360 g (1 blik) karamelkondensmelk

Afronding:

  • vars vrugte, soos frambose
  • bietjie versiersuiker

Stel oond op 200 °C.

Metode

Rolkoek:

  1. Sif koekmeel, kakao, bakpoeier en sout.
  2. Klits eiers en water tot liggeel.
  3. Klits strooisuiker bietjies-bietjies by eiermengsel tot dit goed opgelos is.
  4. Meng meelmengsel byeiermengsel.
  5. Skep beslag in bakplaat van ongeveer 40 cm x 25 cm groot wat met bakpapier uitgevoer is.
  6. Bak vir 14 minute of tot rolkoek terugspring wanneer jy met jou vinger daarop druk.
  7. Keer rolkoek op nuwe stuk bakpapier uit wat met strooisuiker besprinkel is.
  8. Trek gebruikte bakpapier af en sny kante van rolkoek af sodat dit maklik kan oprol.
  9. Rol rolkoek saam met bakpapier op. Hou eenkant om af te koel.

Vulsel:

  1. Roer karamelkondensmelk tot glad en sonder klonte.
  2. Rol koek versigtig oop en smeer karamelkondensmelk oor koek.
  3. Rol koek met behulp van bakpapier op. Dié keer moet bakpapier nie in binnekant van rolkoek wees nie.

Afronding:

  1. Sif versiersuiker oor en sit in skyfies saam met vrugte voor.

Bron: 50 Beste gebak uit Vrouekeur

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.