Soorte resepte:

Resep: Skep-skons

Foto: Tannie Poppie kook.

Foto: Tannie Poppie kook.

Tannie Poppie sê: Die resep kan gehalveer word om 12 skons te maak. Die skons kan ook in kolwyntjiepanne gebak word. Die skons vries goed.

Lewer sowat 24 skons

Bestanddele:

  • 6 x 250 ml koekmeelblom
  • 60 ml bakpoeier
  • 7,5 ml sout
  • 90 ml botter of margarien
  • 750 ml melk
  • 500 ml gerasperde cheddarkaas (opsioneel)
  • 500 ml pitmielies (opsioneel)

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Sif die droë bestanddele saam.
  3. Vryf die botter of margarien met die vingers in.
  4. Meng met die melk.
  5. Gooi die kaas en mielies by, indien gebruik.
  6. Skep lepels vol op gesmeerde bakplate.
  7. Bak 12 minute lank of tot goudbruin.

Bron: Tannie Poppie kook
Uitgewer: Human & Rousseau

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.