Soorte resepte:

Resep: Soetkoekies

Soetkoekies (Foto: Lapa-uitgewers)

Doop hierdie koekie in jou tee of eet dit sommer net so uit die blik uit!

Lewer 80 koekies

Bestanddele

  • 4 x 250 ml (500 g) koekmeel
  • 5 ml (1 t) bakpoeier
  • 5 ml (1 t) fyn gedroogde nartjieskil
  • 15 ml (1 e) fyn kaneel
  • 15 ml (1 e) fyn kardemom
  • 5 ml (1 t) neutmuskaat
  • 1 ml fyn kruienaeltjies
  • 7 ml (1 ½ t) fyn gemmer
  • 500 ml (2 k) bruinsuiker
  • 180 g sagte botter
  • 125 ml (½ k) sonneblomolie
  • 2 groot eiers
  • 3,5 ml rooi koekkleursel
  • halwe grondboontjies vir versiering (opsioneel)

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n bakplaat.
  2. Sif die meel en bakpoeier saam in ’n mengbak. Voeg die nartjieskil, kaneel, kardemom, neut, naeltjies en gemmer by en roer dit goed deur.
  3. Meng die rooi koekkleursel met een vyfde (⅕) van die deeg.
  4. Rol die res van die deeg met ’n koekroller uit en plaas spikkels van die rooi deeg bo-op. Sny die koekies met ’n koekiedrukker van jou keuse uit en rangskik dit op die voorbereide bakplaat. Versier elke koekie met ’n halwe grondboontjie.
  5. Bak vir 12-15 minute of tot gaar. Laat die koekies effens op die bakplaat afkoel, verwyder dit en plaas dit op ’n draadrakkie om heeltemal af te koel.

Bron: Soettand deur Koelsoem Kamalie en Flori Schrikker

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.