Soorte resepte:

Resep: Sonskyn-frittatas

Foto: Lorraine Swanepoel

Foto: Lorraine Swanepoel

Ter viering van Afrikaans se 90ste bestaansjaar as amptelike taal, hou ons spesiaal op 12 September ʼn buitelugfliekpiekniek, ‘n “buitebioskoop”, by die Botaniese Tuin in Pretoria. Eg Afrikaanse eet- en drinkgoed sal by stalletjies op die terrein te koop aangebied word en jy sal kan weglê aan die heerlikste pannekoeke, kerrie-en-rys en jafels tot springmielies, yskoeldrankies en nog vele meer.

Of jy kan jouself bederf en vooraf vir jou ʼn piekniekbondel bespreek. Dit is nie sommer net enige pienkniekbondel nie: Lorraine van Kokkedoor stel dit saam met heerlike eetgoedjies uit haar eie kombuis! Lees meer hier.

Hier is nog ʼn resep van Lorraine.

Bestanddele:

  • 2 koppies rou botterskorsie (in 2 cm blokkies gesny)
  • 50 ml olyfolie
  • sout en peper na smaak
  • 6 takkies vars tiemie
  • 250 g sampioene
  • 1 eetlp botter
  • 5 ml droë knoffel-en-kruie-mengsel
  • 2 wiele feta
  • 2 sprietuie, fyn opgekap
  • 125 ml melk
  • 4-6 eiers
  • 250 g pakkie repiespek
  • mikrokruie (soos bronkors) vir garnering
  • kersietamaties vir garnering

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180˚C
  2. Plaas botterskorsie op ’n bakplaat en sprinkel met olyfolie.
  3. Geur met sout en peper en vryf die blare van die tiemietakkies af en strooi oor botterskorsie. Rooster vir 15-20 minute tot gaar.
  4. Sny die sampioene op en braai in bietjie botter en knoffel-en-kruie-mengsel. Plaas sampioene en botterskorsie saam in ’n medium grootte mengbak.
  5. Krummel die feta in die botterskorsiemengsel in. Voeg die sprietuie daarby.
  6. Klits die melk en eiers goed saam.
  7. Verdeel die botterskorsievulsel in die voorbereide kolwyntjiepannetjies, ongeveer ’n opgehoopte eetlepel per holte. Vul die holtes daarna met die eiermengsel tot heelbo. Plaas in die oond en bak vir 20-25 minute tot goudbruin.
  8. Laat die frittatas in die kolwyntjie pannetjie afkoel voordat jy dit verwyder.
  9. Plaas die repies spek in ’n waaierpatroon bo-op ’n draad afkoelrakkie. Plaas in die oond vir 15-20 minute tot bros.
  10. Bedien elke frittata met 2 repies spek,
  11. Garneer met mikrokruie en gehalveerde kersietamaties.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.