Soorte resepte:

[Resep] Souserige sjokoladepoeding

Souserige-sjokoladepoeding (Foto: Lapa-uitgewers)

ʼn Bederfie vir die naweek.

Genoeg vir 4

Bestanddele:

  • 1 k (140 g) bruismeel
  • 2 e (30 ml) kakao
  • ½ k (100 g) bruinsuiker
  • ⅓ k (80 g) Clover Mooi River-botter, gesmelt
  • ½ k (125 ml) Clover-volroommelk
  • 1 eier, geklits
  • 1 t (5 ml) vanieljegeursel

Sous

  • 3 e (45 ml) kakao, gesif
  • ¾ k (150 g) bruinsuiker
  • 1¼ k (315 ml) kookwater

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n oondvaste bak. Sif die meel en kakao in ’n groot mengbak en roer die suiker by.
  2. Klits die botter, melk, eier en vanieljegeursel saam en giet stadig by die meelmengsel. Klits met ’n elektriese handmenger tot glad.
  3. Giet die beslag in die bak en maak met die agterkant van ’n lepel gelyk.
  4. Sif kakao oor die beslag en strooi die bruinsuiker oor.
  5. Giet die kookwater oor die agterkant van ’n groot lepel oor die beslag sodat alles bedek is.
  6. Bak 35 tot 40 minute tot deurgaar.

 

BronTrooskos

UitgewerLapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Klippie ·

2eetl (30ml) kakao by bestandele
3eetl (30ml) kakao by sous ?

Lyk nie reg nie?

Dalene de Vente ·

Dagsê Klippie

Dankie vir jou valkoog. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Dalene nms. Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.