ʼn Bederfie vir die naweek.
Genoeg vir 4
Bestanddele:
- 1 k (140 g) bruismeel
- 2 e (30 ml) kakao
- ½ k (100 g) bruinsuiker
- ⅓ k (80 g) Clover Mooi River-botter, gesmelt
- ½ k (125 ml) Clover-volroommelk
- 1 eier, geklits
- 1 t (5 ml) vanieljegeursel
Sous
- 3 e (45 ml) kakao, gesif
- ¾ k (150 g) bruinsuiker
- 1¼ k (315 ml) kookwater
Metode:
- Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n oondvaste bak. Sif die meel en kakao in ’n groot mengbak en roer die suiker by.
- Klits die botter, melk, eier en vanieljegeursel saam en giet stadig by die meelmengsel. Klits met ’n elektriese handmenger tot glad.
- Giet die beslag in die bak en maak met die agterkant van ’n lepel gelyk.
- Sif kakao oor die beslag en strooi die bruinsuiker oor.
- Giet die kookwater oor die agterkant van ’n groot lepel oor die beslag sodat alles bedek is.
- Bak 35 tot 40 minute tot deurgaar.
Bron: Trooskos
Uitgewer: Lapa
Lekker man, lekker. Sondagmiddag poeding!
2eetl (30ml) kakao by bestandele
3eetl (30ml) kakao by sous ?
Lyk nie reg nie?
Dagsê Klippie
Dankie vir jou valkoog. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Dalene nms. Maroela Media