Soorte resepte:

Resep: Souskluitjies

Souskluitjies (Foto: Lapa-uitgewers)

Kan jy al die kaneel ruik?

Genoeg vir 6

Bestanddele

KLUITJIES

  • 2 k (500 ml) koekmeel
  • 2 t (10 ml) bakpoeier
  • ½ t (2,5 ml) sout
  • 4 e (60 ml) Clover Mooirivier-botter
  • 1 k (250 ml) Clover-volroommelk
  • 3 eiers
  • 6 k (1,5 liter) water
  • 6 e (90 ml) suiker
  • 2 t (10 ml) Clover Mooirivier-botter
  • ½ k (125 ml) kaneelsuiker
  • ekstra Clover Mooirivier­botter

SOUS

  • ½ k (125 ml) suiker
  • ½ t (2,5, ml) kaneel
  • 2 e (30 ml) Clover Mooirivier-botter
  • 1 ½ t (7,5 ml) mielieblom
  • 2 t (10 ml) water
  • bietjie soetwyn (opsioneel)

Metode

  1. Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Vryf die 60 ml botter by die meelmengsel in totdat dit soos broodkrummels lyk.
  2. Klits die melk en eiers saam. Roer dit by die gesifte meel tot ’n sagte deeg vorm.
  3. Kook die water en suiker in ’n groot genoeg kastrol. Roer die 2 t (10 ml) botter by tot gesmelt.
  4. Doop ’n teelepel eers in kookwater, skep geronde teelepels vol deeg daarmee en plaas in die borrelende water. Maak die kluitjies in sarsies want alles gaan nie in die pot pas nie. Sit die kastrol se deksel op en kook vir 10 tot 12 minute tot gaar. Moenie die deksel oplig nie.
  5. Skep die kluitjies in ʼn gesmeerde oondvaste bak. Hou dit solank teen ʼn lae temperatuur in die oond warm (ongeveer 70 °C).
  6. Sprinkel die kaneelsuiker bo-oor die kluitjies en ook ekstra klontjies botter. Herhaal tot al die kluitjies uit die kastrol geskep is.

SOUS

  1. Roer die suiker, kaneel en botter by die kluitjiewater wat nog in die kastrol is.
  2. Meng die mielieblom en water tot ’n gladde pasta. Roer dit by die kluitjiewater. Kook die sous oor ’n lae hitte totdat die sous begin verdik
  3. Voeg ʼn bietjie soetwyn na smaak by die sous (opsioneel). Giet die warm sous bo-oor die kluitjies en sit warm voor.

Bron: Teepartytjie

Uitgewer: Lapa

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

wilma ·

Ek ruik nie net die kaneel nie, maar proe dit al! Dit is darem maar ‘n heerlike lekkerny.

PJN ·

Nou skoon lus vir souskluitjies soos my ma dit altyd gemaak het op die plaas daar in Namibia.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.