Soorte resepte:

Resep: Spinasiebrood

Spinasiebrood (Foto: Verskaf)

Het jy geweet jy kan brood met spinasie maak? Kyk hier hoe!

Bestanddele

  • 250 g bruismeel
  • 2 ml sout
  • 2 ml rooipeper
  • 5 ml gemengde speserye
  • 2 eiers, geklits
  • 100 ml laevetmelk
  • 300 ml gaar spinasie

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer ʼn
  2. Meng die meel, sout, rooipeper en gemengde speserye saam.
  3. Voeg die eier, melk en spinasie by die droë bestanddele en meng goed.
  4. Skep die beslag in die voorbereide broodpannetjie en bak vir 15-20 minute tot goudbruin. Druk ʼn toetspen of tandestokkie in om te toets of dit gaar is. As dit skoon uitkom, kan jy die broodjie uit die oond verwyder.
  5. Plaas die gaar broodjie op ʼn draadrakkie om af te koel voor jy dit sny.

Bron: Kook saam Kaaps

Uitgewers: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.