Soorte resepte:

[Resep] Staatmaker-Cremoratert

Foto: Lekker en Vinnig

Staatmaker-Cremoratert. Foto: Lekker en Vinnig

Dié klink soos iets wat ons graag sal wil proe!

(Uit: Vinnig en maklike resepte, Vrouekeur 3, Marlo Carstens)

Lewer 12 porsies

Bestanddele:

Kors

  • 60 ml botter
  • ʼn knippie fyn kaneel
  • 200 g (1 pak) Tennis-beskuitjies, fyngemaak

Vulsel

  • 250 ml Cremora
  • 250 ml yswater
  • 385 g (1 blik) kondensmelk
  • 125 ml suurlemoensap
  • 10 ml gelatienpoeier
  • 30 ml water

Metode:

  1. Kors: Smelt die botter saam met die kaneel en roer by die fyngemaakte koekies tot gemeng.
  2. Druk die koekiekrummels op die bodem van ʼn gesmeerde tertbord of ʼn ronde losboomkoekpan vas.
  3. Vulsel: Klits die Cremora en water vir 10 minute met ʼn elektriese klitser.
  4. Roer die kondensmelk en suurlemoensap tot goed gemeng.
  5. Spons die gelatien in water en verhelder oor ʼn bakkie kookwater tot opgelos.
  6. Meng die Cremora-mengsel, kondensmelkmengsel en gelatien vinnig.
  7. Skep op die kors en plaas in die yskas om te stol. Sit koud voor.

Variasies:

  1. Jy kan ook 500 ml aarbeijogurt byvoeg. Vermeerder die gelatien na 20 ml.
  2. Gebruik 1 pakkie jellie wat met 125 ml kookwater aangemaak is in plaas van gelatien. Laat die jellie eenkant tot goed afgekoel en roer by Cremora-mengsel.
  3. Verdeel die Cremora-mengsel in twee net voor dit in die tertbord geskep word. Roer 100 g gesmelte sjokolade by een deel. Giet in die tertbord en plaas in die yskas tot gestol. Giet die oorblywende Cremora-mengsel bo-op. Verkoel in die yskas tot gestol.

Bron: Lekker en Vinnig
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.