Soorte resepte:

[Resep] Super-sjokoladekoek

Super-sjokoladekoek. Foto: Nie vir ma’s nie

Met dié resepteboek word ma’s tydelik uit die kombuis verban sodat pa’s en die kinders ʼn bietjie kan uithelp in die kombuis. Die resepte is maklik om voor te berei en ʼn heerlike manier om ma te bederf – kyk net hoe heerlik lyk dié sjokoladekoek.

Genoeg vir tien

Bestanddele:

Koek

  • 4 eiers, geskei
  • 375 ml suiker
  • 125 ml olie
  • 200 ml kookwater
  • 375 ml koekmeel
  • 125 ml kakao
  • 15 ml bakpoeier
  • 10 ml vlapoeier
  • 2 ml sout
  • 10 ml vanieljegeursel

Metode:

  1. Stel die oond op 180 °C en smeer 2 ronde koekpanne goed met botter.
  2. Klits die eiergele en suiker saam totdat dit donsig is.
  3. Meng die olie en water en klits dit geleidelik by die eiermengsel. Klits dit goed saam.
  4. Sif die droë bestanddele saam en roer dit by.
  5. Klits die eierwitte styf en vou dit in. Roer die vanieljegeursel by en meng dit goed.
  6. Skep die beslag in die voorbereide panne en bak dit 30 tot 35 minute lank. Keer dit uit op ʼn draadrak om af te koel.
  7. Smeer versiersel of karamelkondensmelk op die een koeklaag en sit die ander laag bo-op. Versier die bokant van die koek met versiersel en sjokoladevermicelli of kersies.

Versiersel

  • 125 g sagte botter
  • 500 ml versiersuiker
  • 30 ml kakao
  • 25 ml melk
  • 5 ml vanieljegeursel

Metode:

  1. Klop die botter totdat dit romerig is.
  2. Sif die versiersuiker en kakao saam en klits die helfte daarvan by die botter.
  3. Klits die res van die versiersuiker om die beurt met die melk by. Roer die vanieljegeursel by.

Bron: Nie vir Ma’s nie
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

LB ·

Maroela, kan julle nie moontlik toelaat dat ten minste die resepte ge-Copy/Paste kan word nie? daar is soveel lekker resepte wat ‘n mens graag wil bêre.

Helene ·

LB kyk in die regterkant bo-aan die resep is n e-pos tekentjie
E-pos die resep aan jou eie e-pos adres

MAGDA ·

Klik regs bo op die skerm (lyk soos wiel) “Tools”. Kies dan print preview. Print dan.

MAGDA ·

Kliek regs bo op, wat lyk soos ‘n wiel, “Tools” Kliek op print preview en print dan

LORAINE DUPPER ·

Goeie dag Maroela,

Julle boodskap wat lui dat julle die regsklik opsie verwyder het om julle inhoud te beskerm is nie verstaanbaar nie….julle resepte is ander / lesers se inhoud en kan julle dan net sowel die resepte heeltemal wegneem…..dit baat niemand iets nie….wie het nou lus om te sit en n resep af te skryf in vandag se tyd. Julle vra dat lesers hulle familie resepte instuur en neem ek aan dat indien lesers wel dan resepte instuur hulle bereid is om dit met ander te deel? Maar dan verhoed Maroela enige iemand om so n resep te kan druk?

Janie Monsieur ·

Dagsê LORAINE,
Dankie vir jou navraag.
Ons kan ongelukkig nie die webtuiste op so manier programmeer dat hierdie funksie op party bladsye werk en op ander nie.
Dankie vir jou navraag. Maak gerus óf ʼn skermskoot óf klik regs bo op jou webblaaier (“browser”) op die knoppie wat soos drie horisontale lyntjies lyk (op Chrome en Firefox) of ʼn sirkelvormige ratjie (Internet Explorer). Dit maak verdere opsies oop en daar kan jy dan die dokument in ʼn .pdf-formaat stoor.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

wilma ·

Ek druk die resepte met die grootste gemak uit deur Ctrl + Shift + P saam te druk.

Baie lus ·

Genoeg vir 10!! seker tien miere, kan nie 10 mense wees nie. Daai koek lyk so lekker ek eet die een helfte vir middag ete en die ander helfte n rukkie daarna. Haai shaim, ek sien hulle praat van 4 geskeide eiers. …… ja nee boet, jy wil darm ook nie getroude eiers in jou koek he nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.