Soorte resepte:

[Resep] Suurlemoenmeringue-roomyskoek

Suurlemoenmeringue

Foto: Carmen se beste resepte

Die welbekende suurlemoenmeringue-tert word net effe aangepas om dit as ’n roomyskoek voor te sit. Neutwafelbeskuitjies is heerlik hierby.

Bestanddele:

  • 1 x 385 g-blik kondensmelk
  • 200 ml suurlemoensap
  • fyngerasperde skiI van 2 suurlemoene
  • 500 ml (2 k) room, verkoel
  • 20 klaarbereide meringues

Metode:

  1. Voer ’n 20 cm-Iosboomkoekpan met ’n dubbellaag kleefplastiek uit.
  2. Meng die kondensmelk, suurlemoensap en -skil.
  3. Klits die room styf en vou hierby in.
  4. Druk die helfte van die meringues fyn en strooi onder in die pan.
  5. Giet die kondensmelkmengsel oor en pak die res van die meringue bo-op.
  6. Bedek en vries oornag.
  7. Haal uit die pan, laat staan om effe te ontvries en sit voor met neutwafelbeskuitjies.

Bron: Carmen se beste resepte
Uitgewer: Human & Rousseau

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.