Soorte resepte:

Resep: Suurlemoenmeringuetert

Suurlemoenmeringuetert (Foto: Lapa-uitgewers)

Daar is min goed so lekker soos ʼn vars gebakte tert om jou mond te laat water.

Lewer een groot tert

Bestanddele

KORS

  • 400 g (200 g x 2 pakkies) Tennisbeskuitjies
  • 150 g CLOVER Mooi River-botter, gesmelt

VULSEL

  • 770 g (385 g x 2 blikke) CLOVER-kondensmelk
  • 250 ml (1 k) suurlemoensap
  • 6 ekstragroot eiers, geskei

BOLAAG

  • 6 ekstragroot eierwitte
  • 375 ml (1 ½ k) strooisuiker, knippie sout

Metode

KORS

  1. Voorverhit die oond tot 160 °C.
  2. Kap die Tennisbeskuitjies in die voedselverwerker tot fyn. Voeg genoeg gesmelte botter by om die beskuitjiekrummels aan mekaar te laat kleef.
  3. Druk die koekiekrummels vas op die bodem en langs die kante van ’n losboomkoekpan met ’n deursnee van 22 cm.

VULSEL

  1. Meng die kondensmelk en suurlemoensap in ’n mengbak.
  2. Klits die eiergele met ʼn vurk tot gemeng en roer die kondensmelkmengsel by tot goed gemeng.
  3. Giet dit in die tertkors en bak vir 15 minute. Haal uit die oond.

BOLAAG

  1. Klits die eierwitte tot styf. Voeg die strooisuiker bietjie vir bietjie by asook die sout terwyl aanhoudend geklits word tot glansend en styf.
  2. Skep die meringue bo-op die vulsel en vorm punte.
  3. Bak weer vir 20 tot 25 minute of tot ’n ligte goudbruinkleur bo-op verkry is.

OPDIENING

  1. Laat afkoel en sit voor.

Bron: Onthoukos

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.