Soorte resepte:

Resep: Suurlemoenmuffins

Suurlemoenmuffins (Foto: Lapa-uitgewers)

Mense wat nie van die gewone sjokolade- of vanielje-muffin hou nie, sal dié muffin geniet!

Maak sowat 10 tot 12 muffins
Bestanddele

  • 2 k (500 ml) koekmeel
  • 1 e (15 ml) bakpoeier
  • 2 ml sout
  • 50 ml klapper
  • 125 ml suiker
  • 2 t (10 ml) gerasperde suurlemoenskil
  • 1 eier, geklits
  • 250 ml Clover vars volroommelk
  • 75 ml kookolie
  • 2 e (30 ml) suurlemoensap
  • 1 e (15 ml) Clover Mooirivier-botter, gesmelt
  • 1 e (15 ml) strooisuiker

GEGLASUURDE SUURLEMOEN- EN LEMOENSKIL

  • die skil van 1 lemoen en 1 suurlemoen
  • 2 e (30 ml) suiker
  • 90 ml water

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer die holtes van ’n muffinpan.
  2. Sif die meel, bakpoeier en sout saam.
  3. Voeg klapper, suiker en skil by en meng goed. Klits eier, melk, olie en suurlemoensap saam en voeg by die droë bestanddele. Meng die beslag liggies.
  4. Bak vir 20 tot 25 minute.
  5. Bedruip elke muffin met gesmelte botter en sprinkel strooisuiker bo-oor.
  6. Versier met geglasuurde lemoen- en suurlemoenskil.

GEGLASUURDE SUURLEMOEN- EN LEMOENSKIL

  1. Rasper die lemoen- en suurlemoenskil. Spoel goed af om olies te verwyder. Bring die suiker en water tot kookpunt in ’n klein kastrol.
  2. Moenie laat kook totdat die suiker nie heeltemal opgelos is nie. Voeg die skil by en kook vir 3 tot 5 minute oor ’n lae hitte. Skep in ’n bord om af te koel.

Bron: Teetyd

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.