Een van Maroela Media se lesers, Heila Brits, skryf:
Ek gebruik Tennis-beskuitjies fyngemaak en met net ‘n bietjie margarien gemeng om dit te heg, as ‘n kors. Druk dit in ‘n gesmeerde tertbord vas (moet nie baie dik wees nie). Bak so 5 minute lank tot ligbruin by 180°C en laat dit dan afkoel.
Vulsel:
1 blik (397 g) gekondenseerde melk
125 ml suurlemoensap
skil van 1 suurlemoen (gerasper)
2 eiers (geskei)
25 ml strooisuiker
Metode:
1. Meng die suurlemoensap, gekondenseerde melk, skil en eiergele goed
2. Vul die tertkors
3. Klits eierwitte styf met die strooisuiker tot dit punte vorm en bedek die tert daarmee
4. Bak in matige oond (180°C oond vir 10 minute of tot ligbruin)
Verkoel en geniet!