Soorte resepte:

Resep: Suurroom-en-kaasontbytskon

Suurroom-en-kaasontbytskon (Foto: Lapa Uitgewers)

’n Heerlike soutbederfie vir enige tyd van die dag.

Bestanddele

  • 65 g Clover Mooirivier-botter, gesmelt
  • 125 ml Clover-suurroom
  • 1 eier, geklits
  • 2 k (500 ml) bruismeel
  • knypie rooipeper
  • knypie sout
  • 1⅓ k (310 ml) Clover-cheddarkaas, fyngerasper
  • 2 e (30 ml) vars grasuie, gekap
  • 1 geklitste eier vir glasuring

OPDIENING

  • Clover Butro-bottersmeer
  • ½ k (125 ml) Clover-cheddarkaas, gerasper

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 200 °
  2. Meng die botter, suurroom en eier goed. Sif die meel, rooipeper en sout saam. Meng die kaas en grasuie met die meel en voeg by die bottermengsel. Meng tot ’n sagte deeg vorm.
  3. Giet die deeg uit op ’n meelbestrooide oppervlak en knie liggies. Druk met die palm van jou hand totdat dit ongeveer 3 tot 4 cm dik is. Maak ’n ronde vorm en merk ses wiggies uit met ’n skerp getande mes. Moenie deursny nie. Plaas op ’n gesmeerde oondbak. Borsel liggies met die geklitste eier.
  4. Bak vir 20 tot 25 minute tot goudbruin. Sny in wiggies en dien warm met botter en gerasperde kaas op.

VARIASIE

Sny die deeg met ’n 5 cm-koekiedrukker en bak kleiner skons vir 10 tot 15 minute. Lewer 12 tot 16 skons.

 

Bron: Teepartytjie

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.