Soorte resepte:

Resep-video: Taai Meraai

Taai Meraai (Foro: Janie du Plessis)

ʼn Malvalekker-, sjokolade-en-koekiemengsel. Hierdie nagereg eet jy sommer uit die bak uit!

Koekiedeeg

Bestanddele

  • 170 g botter/margarien, gesmelt
  • 200 g klam bruinsuiker (treacle sugar)
  • 100 g witsuiker
  • 15 ml vanieljegeursel
  • 1 eier
  • 1 eiergeel
  • 250 g meel
  • 2 g bakpoeier

Metode

  1. Voorverhit oond tot 180 °C.
  2. Meng gesmelte botter, bruinsuiker en witsuiker tot goed gemeng.
  3. Klits die vanieljegeursel, eier en eiergeel in tot romerig.
  4. Sif die droë bestanddele by die bottermengsel in tot gemeng.
  5. Skep eetlepels vol in muffinpan wat met botter gesmeer is.
  6. Bak vir ongeveer 20 minute, haal uit en druk effens plat.
  7. Stooi nou sjokoladekrummels oor en pak malvalekkers bo-op.
  8. Bak weer tot malvalekkers begin pof en goudbruin raak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Manda vd Merwe ·

Taai Meraai – Kan ons asb die gramme verander na ml of tenminste een of ander tyd ‘n omskakelings tabbel publiseer?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.