Soorte resepte:

[Resep] Tannie Nella se vinnige melktert

Melktert

Argieffoto.

Ons deel weer tannie Nella se vinnige Melktert-resep ter viering van Nasionale Melktertdag. Vier dié spesiale dag saam met ons en sny sommer ʼn lekker groot skyf…

Bestanddele:

  • 1 liter melk
  • 250 g botter of margarien
  • ¾ koppie mielieblom, aangemaak met ʼn klein bietjie water
  • ¾ koppie suiker
  • 2 eiers
  • Knippie sout
  • 1 teelepel vanieljegeursel

Metode:

  1. Sit die melk en botter of margarien in ʼn pot en verhit totdat die margarien smelt en die mengsel kook.
  2. Voeg die res van die bestanddele by en kook stadig vir 10 minute. Roer deurgaans, anders brand dit aan en maak klonte.
  3. Gooi in ʼn gesmeerde tertbak, met of sonder ʼn kors van eie keuse.
  4. Plaas die tert in die yskas en bedien koud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Chantie ·

Ek het ‘n soortgelyke resep – dit word op stoof gaargemaak en gaan dan net in die yskas….lekker vinnig en smaak net so lekker

T ·

Hy gaan defnitief oond toe ek wil ook graag asb weet vir hoe lank. En watse grade

Hannah ·

Ek vermoed hy gaan nie oond toe gaan… aangesien die vulsel op die stoof in kastrol gaargemaak word en net kaneel gestrooi word. Maar – kom ons kyk wat se hulle!

Elizma ·

Word die melktert nog gebak of gaan dit net yskas toe. Indien wel, vir hoe lank en teen watter grade asb.

Adéle Changuion ·

Dagsê lesers,

Ons vra om verskoning vir die verwarring. Plaas gerus die melktert in die yskas en bedien koud.

Groetnis,
Adéle nms Maroela Media.

Gerda ·

Stuur asseblief ‘n tertkors resep wat die vulsel sal komplimenteer

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.