Soorte resepte:

[Resep] Tant Katie se kaastert

Kaastert

Foto: Wenresepte 1

Vir afwisseling kan ʼn mens 250 g gaar, gegeurde maalvleis of 125 ml gesnipperde ham, polonie of Weense worsies by die vulsel voeg, sê mev. H. J. Truter van Mbombela (Nelspruit).

Lewer 6-8 porsies

Betanddele:

Tertkors

  • 275 g (500 ml ongesifte) koekmeelblom
  • 5 ml sout
  • 2 ml bakpoeier
  • 175 g (190 ml) botter of margarien

Kaasvulsel

  • 750 ml melk
  • 50 g (100 ml) mielieblom
  • 7 ml sout
  • 25 g (30 ml) botter of margarien
  • 50 ml fyngekapte ui
  • 50 ml fyngekapte pietersielie
  • 100 g (250 ml) gerasperde, beleë cheddarkaas
  • knippie rooipeper
  • 3 eiers, goed geklits
  • ʼn bietjie gerasperde kaas en paprika vir garnering

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C (350 °F).
  2. Sif die koekmeelblom, sout en bakpoeier saam.
  3. Vryf die botter of margarien liggies in en meng tot ʼn hanteerbare deeg (voeg ‘n bietjie yswater by indien nodig).
  4. Druk in ʼn oondvaste bak van 20 x 30 x 5 cm.
  5. Hou ʼn bietjie van die melk eenkant om die mielieblom mee te meng en kook die res.
  6. Meng die mielieblom en sout met die melk wat eenkant gehou is, voeg by die kookmelk, roer aanhoudend en kook 3 minute lank.
  7. Voeg die botter of margarien by, roer tot gemeng, haal van die stoof af en laat afkoel tot louwarm. Voeg die ui, pietersielie, kaas en rooipeper by en meng goed. Voeg die eiers by en meng goed.
  8. Giet die vulsel in die tertkors, strooi kaas en paprika oor en bak sowat 30 minute lank of tot gestol.
  9. Sit dit warm voor.

Bron: Wenresepte 1
Uitgewer: Human & Rousseau

Net soos ʼn pannekoek met die beste resep nog steeds kan flop, kan Maroela nie pa (of ma!) staan vir enige van die resepte wat jy self by die huis probeer nie. Elke koppie meel, bakpoeier, melk, eier of enige ander bestanddeel is dus in jou eie hande en Maroela Media kan nie enige verantwoordelikheid aanvaar vir komplimente (of klagtes) oor jou kookvernuf nie. -Red

Deel van: Bykosse, Gebak

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

2 Kommentare

Landi Malan ·

Dagsê Juline
Ons moes ongelukkig die funksie wat mens toelaat om teks op die webwerf te kopieer of dat iemand kan regsklik en dan die dokument te kan uitdruk, deaktiveer, aangesien sommige webwerwe ons inligting onregmatig gebruik het.
Maak gerus óf ʼn skermskoot óf klik regs bo op jou webblaaier (“browser”) op die knoppie wat soos drie horisontale lyntjies lyk (op Chrome en Firefox) of ʼn sirkelvormige ratjie (Internet Explorer). Dit maak verdere opsies oop en daar kan jy dan klik “print”. As jy nie ʼn drukker het nie, kan jy die dokument dalk in ʼn .pdf-formaat (elektronies) druk – dan kan jy makliker daarmee werk.
Groetnis
Adéle
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.