Soorte resepte:

[Resep] Tobie Cronjé se glutenvrye koek

Glutenvrye koek. Foto: Sterkos: Kook saam met die sterre

Glutenvrye koek. Foto: Sterkos: Kook saam met die sterre

“Hierdie resep is vir my ʼn wenner omdat ek nie gewoonlik koek kan eet nie. Ek is allergies vir gluten en suiwel. Ek kan my sonder enige reperkussies aan hierdie koek vergryp.” – Tobie Cronjé

Lewer 1 koek

Bestanddele:

Koek

  • 3 ekstragroot eiers
  • ½ k (125 ml) witsuiker
  • ½ k (125 ml) kanola-olie
  • ½ k (125 ml) kekerertjiemeel
  • ½ k (125 ml) rysmeel
  • ⅔ k (166 ml) glutenvrye mielieblom (maizena)
  • 1 t (5 ml) koeksoda
  • 1 k (250 ml) piesangmoes
  • 1 k (250 ml) wortels, grofgerasper
  • ½ pakkie (50 g) okkerneute, gekap
  • appelkooskonfyt na smaak

Versiersel

  • 3 e + 1 t (50 ml) klapperolie
  • ½ k (125 ml) versiersuiker
  • 1 e (15 ml) sojamelkpoeier
  • bietjie pistasieneute, grofgekap

Metode:

Stel die oond op 180 ˚C.

Koek

  1. Smeer twee ronde koekpanne van 20 cm in deursnee met klapperolie. Klapperolie sorg dat die koek bros aan die buitekant is.
  2. Klits eiers en suiker saam tot liggeel. Roer olie by. (Jy kan minder suiker gebruik indien verkies.)
  3. Sif kekerertjiemeel, rysmeel, glutenvrye mielieblom en koeksoda saam.
  4. Roer gesifte meelmengsel by eiermengsel.
  5. Roer piesangmoes, wortels en okkerneute by beslag.
  6. Skep beslag in koekpanne en bak vir 25 minute of tot gaar.
  7. Keer koeke op afkoelrakke uit tot heeltemal afgekoel.
  8. Smeer appelkooskonfyt tussen koeklae soos verkies.

Versiersel

  1. Meng klapperolie, versiersuiker en sojamelkpoeier tot dikkerige maar lopende versiersel en smeer oor koek. As ʼn dikker versiersel verkies word, kan nog versiersuiker bygevoeg word.
  2. Sprinkel pistasieneute oor vir afronding.

Bron: Sterkos: Kook saam met die sterre
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Sarie ·

Chick Peas Flour en jy ka dit by DisChem koop. Rysmeel kan jy gewoonlik in die Indierkruiewinkels koop

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.