Soorte resepte:

Resep: Taai toffiepoeding met vye

Taai toffiepoeding met vye (Foto: Lapa-uitgewers)

Onthou hierdie resep en maak hom vir die langnaweek!

Lewer 6-8 porsies

Bestanddele

POEDING

  • ¾ k (110 g) moskovadosuiker
  • 1¼ k (175 g) bruismeel
  • 1 t (5 ml) koeksoda
  • ½ k (125 ml) Clover-volroommelk
  • ¼ k (60 g) Clover Mooi River-botter, gesmelt
  • 1 eier, geklits
  • 1 t (5 ml) vanieljegeursel
  • 200 g gedroogde vye, gekap
  • 100 g gekapte dadels

SOUS

  • 1 k (200 g) moskovadosuiker
  • ¼ k (60 g) Clover Mooi River-botter, in blokkies gesny
  • 2 k (500 ml) kookwater

Metode

POEDING

  1. Voorverhit die oond tot 190 °C en smeer ʼn 1,5 liter-oondbak.
  2. Meng die suiker, meel en koeksoda saam in ʼn groot mengbak. Meet die melk in ʼn maatbeker af en voeg die botter, eier en vanieljegeursel by. Meng goed.
  3. Giet die mengsel oor die meelmengsel en vou met ʼn houtlepel in. Vou die vye en dadels in en skep die beslag in die voorbereide oondbak.

SOUS

  1. Strooi die suiker oor die poedingbeslag, gooi die kookwater oor en stip die beslag met die botter.
  2. Bak vir 45 tot 50 minute tot gaar en sit met room of roomys voor.

Wenk

  1. Beïndruk jou vriende en bak die poeding in ʼn mooi blikkie. Jy kan die blikkie vir jou gaste as ʼn geskenk gee.

Bron: Gunsteling poedings

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Linda-Lea Olivier ·

Die bestanddele vir die sous sluit 500 ml kookwater in maar in die metode word gladnie aangedui hoe dit gebruik moet word nie.

Dit lyk baie lekker en ek wil dit graag maak, wat nou?

Tania Heyns ·

Dagsê Linda-Lea Olivier

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.