Soorte resepte:

Resep: Valentynsdagkolwyntjies

Valentynsdagkolwyntjies (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

Dit is die dag van liefde! Wys vir jou maat hoe lief jy vir hom/haar is deur hierdie spesiale kolwyntjies met ʼn verrassing in die binnekant!

Lewer ongeveer 12 kolwyntjies

Bestanddele:

  • 1 pak rooi fluweelkoekmengsel
  • 1 pak vanieljekoekmengsel
  • versiersuiker van eie keuse
  • rooi kersies vir versiering

Metode:

  1. Maak die rooifluweelkoekbeslag aan volgens die aanwysings op die verpakking. Gooi dit in ʼn groot, reghoekige bakplaat. Maak seker die beslag is nie te dik nie. Dit moet dunner wees as ʼn gewone koek wanneer dit gerys het (ongeveer 1 cm gerys).
  2. Bak die koek vir die voorgestelde tyd.
  3. Dop die koek uit en laat dit effens afkoel. Gebruik nou ʼn klein hartjiekoekiedrukker om hartjievorms uit die rooifluweelkoek te druk. Hou die hartjies eenkant.
  4. Berei nou die beslag vir die vanieljekoek voor volgens die aanwysings op die boks.
  5. Gebruik ʼn muffinpan, en gooi die beslag in tot die helfte vol is. Plaas nou die hartjie regop in die vanieljebeslag, en gooi die res van die beslag om en bo-oor die hartjie.
  6. Bak dit vir die voorgestelde tyd op die vanieljekoekmengsel-verpakking.
  7. Versier met wit versiersuiker en ʼn kersie op elke kolwyntjie.

Valentynsdagkolwyntjies (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

Wenk:

  1. Plaas al die hartjies in dieselfde rigting in die muffinpan. Dít is om seker te maak dat jy die kolwyntjies aan die einde reg sny, om die mooi hartjie-effek aan die binnekant te kry.
  2. Gebruik die kersies om jou te help onthou waar om die kolwyntjie te sny om die hartjie aan die binnekant te sien. Plaas die kersies dus ook sodat hulle almal na dieselfde rigting toe lê. Jy kan al die kolwyntjies dan byvoorbeeld direk agter die kersie sny om seker te maak almal se versteekte hartjies lyk mooi wanneer dit gesny word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Tania Heyns ·

Dagsê Wilma

Dankie vir jou valkoog, ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.