Soorte resepte:

Resep: Varkfamiliekoek

Foto: Partytjies is pret 5

Foto: Partytjies is pret 5

Wenk: Die varkgesiggie- en varkstertlekkers is by Woolworths beskikbaar. As jy sukkel om dit in die hande te kry, kan jy pienk malvalekkers of pienk plastiekversiersel gebruik om die ore te maak en pienk pypskoonmakers vir die sterte gebruik.

Bestanddele:

  • 1 groot rolkoek
  • 3 klein konfyt- of karamelrolkoekies
  • 250 ml liggroen botterversiersel
  • 625 ml ligpienk botterversiersel
  • 6 blokkies witsjokolade
  • pienk poeierkoskleursel
  • pienk malvalekkers
  • 2 klein ronde pienk jellielekkers
  • 2 klein ronde pienk lekkers
  • pienk koekversierballetjies
  • pienk muskuslekkertjies
  • groot en klein varkgesiggiejellielekkers
  • varkstert-jellielekkers
  • sosatiestokkie
  • peuselstokkie
  • pienk pypskoonmakers

 Metode:

  1. Trek ‘n koekbord met papier en plastiek oor. Sny die voorkant van die groot rolkoek in ‘n geronde punt vir die ma-varkie se snoet.
  2. Smeer ‘n lagie liggroen botterversiersel oor die koekbord en sit die rolkoek in die middel daarvan neer. Bedek die koek met ligpienk versiersel.
  3.  Smelt die sjokolade en kleur dit ligpienk. Doop ‘n malvalekker met ‘n sosatiestokkie in die sjokolade en laat dit effens stol.
  4. Plak die klein ronde jellielekkers op die plat kant vas vir neusgate. Steek dit in die koek in. Maak die oë en mond soos op die foto. Gebruik twee groot gesiggielekkers onderstebo vir die ore. Steek die stert met ‘n peuselstokkieagterin die koek in.
  5.  Baba-varkies: Bedek die klein rolkoekies met pienk versiersel. Sny ʼn malvalekker in drie ronde skyfies en plak een voor op elke rolkoekie vas. Gebruik muskuslekkertjies vir neusgate en koekversierballetjies vir oë. Maak die ore nes die mamma-vark s’n, maar met klein gesiggielekkers. Gebruik gekrulde stukkies pypskoonmaker vir die sterte.

Bron: Partytjies is pret 5
NB- Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.