Hierdie resep lewer 1 groot tert. Nooi die bure vir ʼn koppie koffie – hulle gaan heerlik smul hieraan.
Bestanddele:
Kors
- 1,2 kg (3 rolle) skilferkorsdeeg
Vulsel
- 250 ml melk
- 250 ml mielieblom
- 125 ml vlapoeier
- 375 ml strooisuiker
- ʼn knippie sout
- 500 ml room
- 625 ml melk
- 45 ml botter
- 4 ekstragroot eiergele, geklits
- 5 ml vanieljegeursel
- 4 ekstragroot eierwitte
- 750 ml versiersuiker, gesif, vir afronding
- 45 ml kookwater, vir afronding
Metode:
- Voorverhit die oond tot 200 °C.
- KORS: Rol een skilferkorsdeegrol oop. Plaas op ʼn bakplaat wat met foelie uitgevoer is.
- Bak vir 18 minute tot goudbruin. Laat afkoel. Lig die skilferkorsdeeg met behulp van die foelie uit, sodat dit nie breek nie.
- Plaas met gebakte kant na bo in ʼn reghoekige tertbord van ± 22 cm x 30 cm. Sny die deeg effens om in die tertbord te pas.
- Bak die orige twee rolle skilferkorsdeeg ook so.
- VULSEL: Verhit die melk (250ml) tot warm en verwyder van hitte.
- Meng die mielieblom, vlapoeier, strooisuiker en sout. Roer die warm melk by tot goed gemeng.
- Verhit die room en melk (625 ml) in ʼn groot kastrol tot warm.
- Voeg die vlapoeiermengsel by die roommengsel. Verhit tot warm en roer af en toe.
- Laat prut oor matige hitte terwyl af en toe geroer word totdat die vlamengsel dik en sonder klonte is.
- Verwyder die vlamengsel van die hitte. Klits die botter en eiergele by en meng goed.
- Laat die vlamengsel vir 5 minute afkoel. Roer die vanieljegeursel by. Klits die eierwitte styf en vou by die mengsel in.
- 13. Skep die helfte van die vla bo-op die skilferkorsdeeg wat in die tertbord en maak gelyk. Plaas die volgende rol skilferkorsdeeg bo-op. Sny die deeg waar nodig om in die tertbord te pas.
- Skep die oorblywende vla bo-op. Plaas die laaste rol skilferkorsdeeg met die gebakte kant na bo bo-op die vla. Plaas oornag in die yskas.
- Meng die versiersuiker en kookwater tot glad. Skep die versiersel bo-oor. Sit in skyfies voor.
Bron: Lekker en Vinnig – Yskasterte
Uitgewer: Lapa
Resep oorspronklik gepubliseer in Vinnig en Maklik Resepte uit Vrouekeur 3, Marlo Carstens.
En ek sê vir my tert, “verleidelike vlasskyf, kom hier”.