Soorte resepte:

Resep-video: Bederfkoekies

Bederfkoekies (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

Dié koekies bevat regte sjokolade en is ʼn behoorlike bederf!

Bestanddele

  • 170 g botter, gesmelt
  • 200 g klewerige bruinsuiker
  • 100 g witsuiker
  • 15 ml vanieljegeursel
  • 1 eier
  • 1 eiergeel
  • 250 g koekmeel
  • ½ t bakpoeier
  • knippie sout
  • 300 g-sjokoladeblok, opgekap in kleiner blokkies

Metode

  1. Meng botter en suiker saam in ʼn bak.
  2. Voeg die eiers en vanieljegeursel by en roer goed.
  3. Sif meel en bakpoeier by die bottermengsel, voeg sout by en roer.
  4. Gooi die blokkies sjokolade in en meng weer.
  5. Skep eetlepels vol beslag op ʼn gesmeerde bakplaat. Laat genoeg spasie tussen elke koekie, want hulle sprei baie uit.
  6. Bak vir 15 minute by 180 °C.

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Koekie ·

Die metode en die video verskil.

Video lyk nader aan die waarheid.

Janie Monsieur ·

Dagsê Koekie,
Dankie vir jou kommentaar. Die metode in die video en die metode in die resep is presies dieselfde. Kan jy dalk meer inligting gee oor waar daar verwarring is? Dan klaar ons dit sommer vinnig op!

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Carina ·

Ek dink waar dit dalk snaaks lyk is die gesmelte botter lyk soos die eiers wat ingegooi word, en dan later weer eiers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.