Soorte resepte:

Resep-video: Bielie van ’n mieliebroodjie

Bielie van ’n mieliebroodjie (Foto: Maroela Media/ Janie Monsieur)

Dié broodjie het slegs drie bestanddele, maar ons het dit ʼn bietjie met biltong opgekikker.

Bestanddele

  • 500 g bruismeel
  • 1 blikkie kondensmelk
  • 1 blikkie geroomde mielies
  • 1 ½ k biltong, fyner gesny (jy kan dit ook vervang met ʼn houertjie biltongpoeier)

Metode

  1. Meng die bruismeel, kondensmelk en mielies saam in ʼn bak.
  2. Gooi die biltong by en meng dit ook in.
  3. Gooi die deeg in ʼn broodpannetjie en bak vir ongeveer 45 minute op 180 ° Hou dit dop want die suiker in die kondensmelk kan maak dat die broodjie vinnig brand.
  4. Bedien met nóg biltongpoeier of gesoute botter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.