Soorte resepte:

Resep-video: Biltong-bom

Biltong-bom (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

Hierdie bom kan in die oond as  ʼn broodrolletjie gemaak word, óf oor die kole as ʼn roosterkoek.

Bestanddele

  • meel
  • winkeldeeg
  • 2 t blatjang
  • 3 t roomkaas
  • ½ k biltong, gekerf
  •  ¼ k mozzarellakaas
  • 1 eier, geklits, of melk
  • sout en peper

Metode

  1. Strooi ʼn bietjie meel op ʼn oppervlak en plaas die deeg daarop. Vir ʼn gewone grootte rolletjie, gebruik ʼn deegballetjie so groot soos jou vuis.
  2. Rol die deeg goed uit op die meel en druk dit met jou hande plat tot jou gewenste grootte bereik is. Die deeg moenie te dun wees nie, want dit skeur dan makliker.
  3. Smeer die blatjang op die deeg en stip dan met roomkaas.
  4. Sprinkel lekker baie biltong en kaas op en vou dan die rolletjie toe.
  5. Verf die rolletjie met melk of eier, geur met sout en peper en plaas dan op ʼn bakplaat.
  6. Bak vir 20-25 minute teen 180 °C en sit dadelik voor.

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.