Soorte resepte:

Resep-video: Biltong-en-kaasbolletjies

Biltong-en-kaasbolletjies (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

Dié bolletjies is perfek om die braaivleisvuur!

Bestanddele:

  • 1 pak (500 g) winkeldeeg
  • 3 e blatjang
  • 2 koppies gekerfde biltong
  • 2 koppies kaas
  • knypie sout
  • 2 eiers, geklits

Metode:

  1. Rol die deeg uit tot ongeveer ½ cm dik.
  2. Smeer ʼn dun lagie blatjang oor die deeg.
  3. Sprinkel nou biltong en kaas oor.
  4. Gooi ʼn bietjie sout oor en rol die deeg op, sodat die biltong binne-in is.
  5. Sny die opgerolde deeg in wieletjies en plaas dit in ʼn gesmeerde oondbak.
  6. Verf die wieletjies met bietjie eier en bak vir 30 minute op 180 °C.

Resep: Janie Monsieur

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ekke ·

Is die dikte van die deeg korrek…. 1cm na uitgerol is ….

Tania Heyns ·

Dagsê Ekke

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning, dit moet inderdaad eerder ‘n halwe cm wees. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.