Soorte resepte:

Resep-video: Blikbeker-muffin

Blikbeker-muffin (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

Dié muffin met spek, fetakaas en spinasie sal jou mond laat water, én dit is blitsvinnig om voor te berei.

Maak 3 groot muffins

Bestanddele:

  • 2 k bruismeel
  • knippie sout
  • Italiaanse kruie na smaak
  • 2 eiers, geklits
  • ¾ k melk
  • ½ k margarien, gesmelt
  • 1 e suiker
  • 2 wiele fetakaas
  • 1 pakkie spek, fyngesny en gaargemaak
  • 1 k fyngekapte spinasie

Metode:

  1. Blikbeker-muffin (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

    Voorverhit oond tot 200 °C

  2. Meng meel, sout en kruie saam in ʼn mengbak.
  3. Voeg eiers, melk, margarien en suiker by en meng goed.
  4. Krummel 1 ½ wiel fetakaas in die beslag in. Meng dan die spek (hou bietjie oor om bo-op die muffin te sit aan die einde) en spinasie by.
  5. Smeer drie blikbekers goed uit met margarien en skep lepelsvol van die beslag daarin tot ¾ vol.
  6. Krummel die laaste bietjie fetakaas en spek bo-oor die beslag in die blikbekers.
  7. Bak die muffins vir 30 minute teen 200 °
  8. Laat die muffins effens afkoel en dop dit dan uit die blikbeker uit.

Resep: Janie Monsieur

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Peet J ·

Om aan so-iets te smul laat my liewers gril wat nog van danksegging alvorens jy eet.

Martie ·

Het dit gemaak. Was baie lekker maar kort iets vir smaak – sal volgende keer grasuie/rooi peper/ ….bygooi

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.