Soorte resepte:

Resep-video: Deftige ontbytbroodjie

Deftige ontbytbroodjie (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Die hele gesin kan aan dié ontbyt eet!

Bestanddele

  • 5 eiers
  • ⅓ k room
  • 10 kersietamaties
  • 100 g kaas, gerasper
  • 4 repies spek, gesnipper
  • sout en peper na smaak
  • 1 x ciabatta (Italiaanse wit brood)

Deftige ontbytbroodjie (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Metode

  1. Klits eiers en room saam.
  2. Sny kersietamaties in kwarte en voeg dit by die eiermengsel. Maak die spek gaar en voeg dit ook by.
  3. Voeg die kaas by, geur met sout en peper en meng goed.
  4. Sny die bokant van ciabatta af en hol dit uit (sien video).
  5. Giet die eiermengsel in die holte van die broodjie. Sprinkel bietjie ekstra kaas bo-oor en bak vir 40 minute teen 180 °C of tot die eier na gewens gaar is.
  6. Sny in skywe en bedien warm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.