Soorte resepte:

Resep-video: Die beste sjokolade bruintjies

Die beste sjokolade bruintjies (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

Jou soeke na die perfekte bruintjieresep is verby! Hierdie bruintjies is krakerig aan die buitekant, maar sag en klam aan die binnekant.

Lewer 12-15 bruintjies

Bestanddele

  • 200 g donker sjokolade
  • ½ k (115 g) botter of margarien
  • 2 eiers
  • ½ k witsuiker
  • 1 k klam bruinsuiker
  • 1 e vanielje
  • 1 k koekmeel
  • 1 t bakpoeier
  • ¼ t sout

Metode

  1. Smelt sjokolade en botter saam tot glad. Laat dit afkoel vir sowat 10 minute.
  2. Klits eiers en suiker saam tot lig en romerig.
  3. Voeg vanielje by sjokolademengsel en vou die eiermengsel by die sjokolademengsel in tot net-net gemeng.
  4. Gooi meel, bakpoeier en sout by en vou weer in. Moenie oormeng nie.
  5. Skep in ʼn oondbak en smeer die bokant plat.
  6. Bak vir 20-25 minute teen 180 °
  7. Laat heeltemal afkoel voor jy dit sny.

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Katerina ·

Klink lekker, gewoonlik maak ek sommer my eie mengsel aan, gebruik nie juis resepte- maar hierdie een sal ek tog probeer. Al ding is, ons koop nooit witsuiker nie,net bruin so ek sal die witsuiker met bruin vervang.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.