Soorte resepte:

Resep-video: Feestelike koekierol

Feestelike koekierol (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

Dié koekies kan jy nóú al voorberei sodat jy dit in die vakansie net in die oond kan gooi.

Lewer sowat 26 koekies

Bestanddele

  • ¾ k (170 g) botter
  • ¾ k witsuiker
  • 1 eier
  • 1 t vanieljegeursel
  • 2 k koekmeel
  • kleursprinkels (“100’s and 1000’s”)

Feestelike koekierol (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

Metode

  1. Verroom botter en suiker saam met elektriese klitser.
  2. Voeg eier en geursel by en meng weer goed.
  3. Voeg meel by en meng weer. Wanneer die mengsel te krummelrig raak, druk die deeg met jou hande vas tot dit ʼn bal kan vorm.
  4. Sprinkel ʼn oppervlak met ʼn bietjie meel. Vorm die koekierol met jou hande sodat dit die regte grootte koekie sal lewer wanneer dit gesny word.
  5. Plaas die koekierol op kleefplastiek en gooi kleursprinkels oor. Druk die sprinkels effens vas met jou vingers.
  6. Draai die koekierol in die kleefplastiek toe en bevries dit vir so lank nodig. Jy kan dit tot ʼn maand lank bevries.
  7. Wanneer jy die koekies wil bak, haal die koekierol uit die vrieskas, laat dit ontdooi tot dit snybaar is en sny dan in skywe. Plaas die koekies op ʼn bakplaat en bak vir 10 minute teen 180 °

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sê ook ma net ·

Vervang die suiker met fruktose suiker. Dischem hou dit aan en groot winkels behoort dit ook te hê

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.