Soorte resepte:

Resep-video: In-die-kol(wyntjie)

In-die-kol(wyntjie) (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Hierdie kolwyntjie is gevul met koekiedeeg.

Lewer 12 kolwyntjies

Bestanddele

  • 1 x pak vanielje kolwyntjiemengsel en bykomende bestanddele
  • ¾ k koekmeel
  • ¼ t bakpoeier
  • ¼ t sout
  • 4 t botter
  • ¼ k bruinsuiker, vasgedruk
  • 2 t witsuiker
  • 2 t melk
  • 1 t vanielje
  • ½ k sjokoladekrummels

In-die-kol(wyntjie) (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Metode

  1. Meng die meel, bakpoeier en sout saam in ʼn bak.
  2. Klits die botter, suiker, melk en vanielje saam in ʼn ander bak en meng dit by die droë bestanddele in.
  3. Gooi die sjokoladekrummels in en meng dit ook by.
  4. Maak nou 12 balletjies van die deeg met jou hande. Vries die balletjies vir 15 minute.
  5. Maak die kolwyntjiebeslag aan soos die aanwysings op die pakkie.
  6. Spuit ʼn muffinpan met kossproei en plaas ’n gevriesde koekiedeegballetjies in elke holte.
  7. Gooi nou kolwyntjiebeslag oor en om elke balletjie. Dit sal dalk nodig wees om die balletjie op te lig om die kolwyntjie beslag oral in te kry.
  8. Bak vir ongeveer 20 minute teen 180 °C of tot ’n toetspen skoon uit die kolwyntjie kom.
  9. Versier met sjokolade-room of versiering van jou keuse.

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.