Dié ryk en bros grondboontjiekoekies maak jy binne 30 minute van begin tot einde.
Lewer sowat 20 koekies
Bestanddele
- 400 g crunchy-grondboontjiebotter
- 1 k bruinsuiker
- 1 eier
- ½ t bakpoeier
- 1 t vanieljegeursel
- knippie sout
Metode
- Meng grondboontjiebotter en suiker saam.
- Meng die eier, bakpoeier, vanielje en sout by.
- Rol die deeg in balletjies in jou hande en sit dit op ʼn uitgevoerde bakplaat. Druk elke balletjie plat met ʼn vurk en bak vir 20 minute by 180 °
- Laat die koekies behoorlik afkoel voordat jy dit van die bakplaat afhaal. Die koekies is baie bros en sal breek as jy hulle probeer skuif terwyl dit warm is.